Mense se lense Ja, dis iets wat ons weet sedert die kamera op die toneel verskyn het: 'n Foto sê meer as 'n duisend woorde. Stuur jou spogkiekies vir ons: Daai gapende leeu, 'n stil waterval, 'n verroeste windpomp Slegs digitale foto's word aanvaar; dit moet tussen 400 KB en 1 MB groot wees, en onthou om te laat weet wie die foto geneem het, waar dit geneem is en watter toerusting gebruik is. Stuur alle bydraes asseblief na web@wegtydskrif.co.za










